ToekomsVenster: God ken jou


beleef-jou-wereld

Argieffoto.

Wie staan by my teen dié wat my leed aandoen? Wie help my teen mense wat my veronreg? As die Here my nie gehelp het nie, was die stilte van die graf seker al my tuiste! Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring. – Psalm 94:16-19

Dis ʼn hartseer werklikheid dat daar mense is wat daarop uit is om ander te verontreg. As jy al die ervaring gehad het dat vertrouelinge jou in die rug steek, dat jou geheime in die openbaar uitgeblaker word, dat jou integriteit in twyfel getrek word, sal weet waarvan die digter praat.

Dis vertroostend om te weet dat God die diepste oortuigings en beweegredes van jou hart ken en verstaan en rustigheid gee te midde van die onreg wat jou aangedoen word.

Mense wat ander willens en wetens benadeel verklik hul eie onsekerheid en minderwaardigheid. Dit laat ʼn mens hul eerder jammer kry as verwens. Die Bybel sê immers, bid vir jou vyande, moet hulle nie verwens nie.

Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan. – Handelinge 7:55

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.