ToekomsVenster: God kyk anders na mense


ogies-bekyk

Foto: PublicDomainPictures/Pixabay.com

Die Here het niks aan die krag van ʼn perd of die liggaamskrag van ʼn soldaat nie, maar Hy stel prys op dié wat Hom dien, dié wat hulle hoop vestig op sy trou. – Psalm 147:10-11

Ons word deur begrippe soos groot, vernaam, sterk, prominent, vooraanstaande, suksesvol, posisie, en so meer beïndruk. Sterk manne beïndruk ons baie. Ons kyk met natuurlike oë. Ons evalueer en weeg soos mense. Ons volg die weg van die wêreld. Ons sien op die oppervlak, daarom dat daar soveel bevooroordeling en vooroordeel is in ons land. Ons kyk mekaar voor die kop, soos die spreekwoord lui.

God kyk anders. God sien potensiaal, moontlikheid, eenmaligheid. God sien beeld, bedoeling, roeping, moontlikhede, genade. God sien soos Hy Gideon gesien het – wees sterk en gaan in hierdie krag van jou. God kyk soos Samuel uiteindelik moes kyk toe hy die vaalseun Dawid van die land af moes salf vir koningskap.

God kyk anders, neem maar die geslagsregister van Jesus as voorbeeld. Wie is nie almal daarin ingesluit nie? Nie die vername nie. Nie die leerlinge van rabbi’s word sy dissipels en volgelinge nie, maar eenvoudige mense na wie ander mense met verbasing opkyk.

Ek het goeie nuus vir jou: God word deur niks anders beïndruk as deur ʼn sagte toeganklike hart waarmee Hy kan werk nie, iemand waardeur Hy sy bedoeling vir hierdie wêreld kan uitleef.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.