ToekomsVenster: God luister altyd


luister-na-God

Argieffoto.

Ek roep na U, Here, my Rots, moet tog nie doof wees vir my nie. As U bly swyg, sal ek wees soos ‘n sterwende. – Lees Psalm 28:1

In Christus Jesus is God Immanuel, altyd by en met en in ons. Dis die verdienste van die kruis. Dis ons voorreg om in sy teenwoordigheid te lewe (Coram Deo). Dit gebeur egter dat daar tye van stilte kom. Dis ongemaklike tye wat ʼn mens onseker en ontwrig laat voel.

Dis die teen die plafon vasbid ervaring. Dit voel of God jou nie hoor nie, Hy word as die Afwesige beleef. Daar kan verskeie redes wees vir die ervaring in die lewe van gelowiges. Sommige hou verband met jou fisiese, tye van siekte, depressiwiteit veral kan ʼn mens laat twyfel aan God se omgee en selfs bestaan. Dit kan verband hou met onbelyde sonde in ʼn mens se lewe. Dit kan ook te wydte aan ʼn felle aanslag van die bose wees waarin jy as’t ware onvoorbereid betrap is.

Ongeag watter rede aangevoer kan word bly die groot waarheid van God se Woord dat niks ons ooit kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus is nie. Vir hulle wat aan Hom behoort is daar geen veroordeling nie. Die aanklag van die duiwel rig ook niks uit by God nie.

As die ervaring van stilte aan sonde te wydte is, word dit bely, vergiffenis dankbaar aanvaar en die pad van geloof by vernuwing met vertroue aangepak. Immanuel beteken dat God met ons is. Jesus in ons is die hoop op heerlikheid. Vader, Seun en Heilige Gees het mos intrek by ons geneem, dis die essensie van die ewige lewe. Die duiwel is ʼn leuenaar en is reeds oorwin. Moenie na hom luister nie. Bely wat God sê. Dis die enigste waarheid. Dit maak vry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Naas ·

So waar. Ek ervaar ‘n baie verswakte geloof vandat ek in die Kaap woon. Ek glo dit het met die omgewing te doen, asof die bose ook hier so sterk gevestig is in die algemene arrogansie en hooghartigheid dat die Christene se gebede blokkeer word. Dink julle so iets is moontlik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.