ToekomsVenster: God maak jou sterk

(Foto: Dan Stark/Unsplash)

Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, ‘n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding. – Miga 3:8

Miga wys die valsheid onder leiers, in die besonder die geestelikes van sy dag, onbeskaamd uit. Die taak van ʼn profeet is en was nie maklik nie.

Israel het halsstarrig volhard met die verkeerde. Nog die volk, nog die mense wat in leierskapsposisie was, wou hoor wat die Here sê.

Profete is wreedaardig vervolg en doodgemaak.

Geestelikes wat mense se gehoor streel was hoog in aanvraag. Die profete het God se seën verkondig ongeag of die volk aan Hom toegewy was of nie.

Die teenoorgestelde was juis waar. Die volk het van dag tot dag net verder en verder veragter in hul geloofstoewyding.

Valse gode is aanbid en dit het dikwels Met losbandigheid gepaard gegaan.

Miga wys mense tereg, die dag van aftekening kom.

Die woorde “ek, daarenteen, het baie krag” val my op.

Ek dink nie Miga is selfbehep en aanmatigend as hy dit sê nie. Om met die oortuiging om te tree waarmee hy optree, vra egter die gesag van die Heilige Gees. Die Gees van die Here het mos ou Testamentiese op bepaal mense gekom wat ʼn spesiale opdrag gehad het.

Miga beleef die krag, die toerusting en die gesag wat die Heilige Gees aan hom gee. Hy verkondig die oordeel van die Here, sonder verskoning.

Daar is baie wat verkeerd is in ons samelewing vandag. Mense huiwer om ander tereg te wys. Daar is uiteraard ʼn manier waarop dinge gedoen en gesê word.

Hovaardigheid, aanstellerigheid en ʼn “beter as ander” houding is nie van die Here nie. Tog is daar plek om op ʼn nederige wyse, dog niks minder gesagsvol, die verkeerde uit te wys nie.

As ons stilbly sal die klippe dit uitroep, sê die Woord.

Die samelewing waaraan ons deel het verruil dikwels reg vir verkeerd. Tog huiwer ons. Ons huiwer want ander sal noodwendig vra: “wie is jy om my te oordeel”?

As jy jou bekommernis en omgee egter in Goddelike liefde verpak, sal daar nie oordeel wees nie.

God maak jou sterk deur die Heilige Gees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.