ToekomsVenster: God maak ons vry om te dien


God

God maak ons vry sodat ons kan dien. Foto: Argief.

God maak ons heel, kies, roep, seën en vergewe ons. Toe Israel in ballingskap beland het, het hulle nie so gevoel nie. Dit was hulle eie skuld. God besluit egter om die vloek van ballingskap in seën te verander deur ’n nuwe begin aan hulle te gee. Die sogenaamde Troosboek in Jesaja kondig hierdie nuwe begin aan (Jes 40 en verder). Vergifnis, hoop en troos vir stukkende mense word in hierdie hoofstukke aangekondig. Wat ’n seën! Wat ’n voorreg!

God red ons sodat die wêreld ook verstom kan staan oor God se goedheid. God gebruik gebrokenes. Dis in ons gebrokenheid en in die moeilikste omstandighede dat sy krag die helderste skyn. Wanneer ons sy ligstrale in die wêreld weerkaats verander die wêreld en ons.

Alles word gesonder en heler.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.