ToekomsVenster: God neem ons deur die storm


God-se-lig

Argieffoto.

Ek het gedink: ag, as ek maar vlerke soos ’n duif gehad het, sou ek wegvlieg en ’n woonplek soek; ek sou ver wegvlieg en in die woestyn gaan bly; ek sou haastig probeer wegkom van hierdie onstuimige wind, van hierdie storm af. – Psalm 55:7-9

Kom ons wees eerlik, soms raak alles net te veel, selfs vir die sterkste onder ons. Ons is te ene male net vlees en bloed, nietige, kwesbare mense. Boonop is dit mos asof die tsunami’s van die lewe soms halsoorkop die een ná die ander oor ons slaan. Ons tel dit selfs af en bely dit ook … “wat gaan my volgende tref?”. Met so ʼn gesindheid en verwagting moet ʼn mens dan nie verbaas wees as nog ʼn ramp jou oorweldig nie.

God verstaan. Daar is ʼn verskeidenheid maniere om “eenkant” te kom. Neem tyd af. Gaan stap en praat met die Here. Doen iets anders vir ʼn slag. Gaan oefen lekker hard. Praat met ʼn vertroueling. Bid.

Die Here help ons nie noodwendig wegkom van die storm af nie, maar neem ons daardeur en leer ons nog ʼn stukkie oorlewingskuns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Realis ·

Iemand het eendag gese: “Moet nie vir God vertel hoe groot jou storm is nie, vertel jou storm hoe groot jou God is”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.