ToekomsVenster: God praat

luister-na-God

Argieffoto.

Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. – Jeremia 1:7

Die dorpie Senekal was redelik onbekend totdat die hartseer gebeure van 16 Oktober verlede jaar die aandag van mense op die Vrystaatse gemeenskap geplaas het. `ʼn Jong plaasvoorman, Brendin Horner word wreed vermoor en landelike veiligheid word opnuut in die kollig geplaas.

Gedurende die volgende weke heers daar ʼn gees van onrustigheid op die dorp. Die spanning laai verder op wanneer welmenende mense van heinde en verre opdaag om hul solidariteit met die gemeenskap te betuig.

Ene John Mathuhle, pastoor van die Beyond Walls-gemeenskapskerk en lid van die plaaslike gemeenskap, en sy vrou is so aangedaan oor die situasie dat hulle na ʼn koppie – hulle noem dit “Gebedsheuwel” – gaan om te bid en die Here se leiding te vra. Hulle voel dat hulle opgedra word om belangegroepe uit die gemeenskap bymekaar te kry en oor die pad vorentoe te besin.

Rolspelers uit die totale gemeenskap waaronder landbou, politieke, sakeleiers, die buurtwag, veiligheidsmaatskappye, leiers van kerke en skole vergader op 18 Oktober vir ʼn geskiedkundige byeenkoms. Die Matwabeng-Senekal-Gemeenskapsforum word begin en bykans 300 mense is sedert die ontstaan van die forum betrokke by die opknapping van die dorp. Dié insluitende forum verteenwoordig alle gemeenskappe en bring hoop vir al die inwoners van Senekal.

Saterdae is dit die ene bedrywigheid wanneer lede van die gemeenskap op projekte en fokusgebiede toesak en ʼn nuwe meesterverhaal te skryf vir die gemeenskap wat op die rand van chaos omgedraai het.

God praat met mense. Hy het ʼn strategie. Hy soek net na iemand wat die moeite sal doen om na Hom te luister en te doen wat Hy vra.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.