Lees: Eksodus 2-4
Moses se roepingsverhaal is seker die mees bekendste, maar ook treffendste verhaal van God se roeping. Teen die tyd van Moses se roeping sou mens sy CV soos volg kon opsom: i] Voortvlugtige moordenaar; ii] gewone, eenvoudige skaapwagter vir sy skoonpa, Jetro; iii] totaal uit voeling met die slawe-volk vanweë sy eie bevoorregte, beskermde grootwordjare in die farao se huishouding, en iv] skugter hakkelaar. Baie van ons sou Moses sommer al met die eerste inskrywing – voortvlugtige moordenaar – gediskwalifiseer het en hom buite rekening gelaat het vir so ʼn ingrypende en geskiedenis-veranderende taak!
Raak prakties
Raak stil in sy teenwoordigheid, en buiten ʼn bewustheid van jou eie tekorte, raak bewus van Jahweh se wesensgrootheid en die krag van sy openbaring.
Gebed
Here, Jahweh, dankie dat my tekorte in U teenwoordigheid en grootsheid in die niet verdwyn. Dankie dat gesag in my bediening in U Naam lê en nie in my eie nie. Amen.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Dankie Maroela.
Ek’s baie dankbaar vir die boodskap van ons grote God, Jahweh deur julle!!
Hou so aan en prys die Here:-) Pragtige boodskap.
Dis seker die mooiste televisie series wat ek nog gekyk het..hierdie foto greep kom uit die series THE BIBLE
Baie dankie vir hierdie spesiale boodskap. Vir die 1ste keer in 8jaar se vrae & worstel voel dit asof God met Sy sagte stem vir my die kragtige antwoord hierdeur gee. Dankie!