ToekomsVenster: God roep ook vir Saulus


paulus-deur-valentin_de_boulogne

‘n 17de-eeuse voorstelling van Paulus deur Valentin de Boulogne. Foto: En.wikipedia.org

Lees: Handelinge 7 en 9

In Paulus se verlede lê ʼn hele klompie skrikwekkende goed. Hy het immers die volgelinge van die Here soos ʼn besetene vervolg en met die dood gedreig. Wat lê in jou verlede? Is daar enigiets waarvoor die Here jou blind sou wou maak sodat jy opgerig kon word in sy roeping en doel vir jou lewe? En wanneer die skille van jou oë afval, sien jy sy doel in / vir jou lewe raak?

Prys die Here vir sy vergifnis en vryspraak, sy “blind maak” vir dinge wat in jou verlede lê… dinge wat sy roeping oor jou lewe versaak het. Maak ʼn inskrywing in jou joernaal van dít waarvoor die Here jou oë nou oopgemaak het. Formuleer in jou eie woorde dít waartoe die Here jou opgerig en geroep het.

Nóg ʼn treffende ding wat met Saulus in Judas se huis gebeur, is dat sy kragte herwin word. Hoe dringend nodig en belangrik is dit dat elkeen van Sy dissipels se kragte dikwels herwin word! Anders sou ons beswaarlik Sy roeping op ons lewens kon uitvoer. Let op dat presies dieselfde woord in Filippense 4:13 voorkom.
Gebruik ʼn paar oomblikke om Psalm 23 rustig en in stilte deur te lees. Ervaar hoedat die Here jou verkwik, jou kragte herwin terwyl jy tyd in sy teenwoordigheid deurbring.

Gebed

Here, dankie dat U ons verlede uitsorteer sodat dit geen belemmering het op die uitleef van u doel en agenda en roeping oor ons lewens nie. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.