ToekomsVenster: God se ideale wêreld

godsdiens-bybel-gebed-unsplash-pexels

Foto: Unsplash/Pexels.com

” … laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.” – Matt 6:10

Nadenke oor die hemel en hoe dit daar is, help ons om inhoud te gee aan hierdie gebed.

Die wil van God, die Koninkryk van God is sinonieme. Hy wil dat dit sal kom en geskied soos dit in die hemel is.

In die hemel is daar nie honger, naaktheid, siekte, teleurstelling, eensaamheid, werkloosheid, misdadigheid en dood nie. Jesus sê bid dat dit op aarde gaan soos in die hemel.

Uiteraard kom die volmaakte eers aan die einde wanneer Jesus weer op die wolke kom. Tot dan word ons gekonfronteer met gebrokenheid in sy verskillende gestaltes. Ons maak egter nie daarmee vrede nie. Ons begin tekens oprig deur ons lewe en getuienis, ook prakties van hoe die hemel lyk waarheen ons op weg is.

Ons nooi ander saam na God se ideale wêreld. Ons stel ʼn voorbeeld en bring deur ons opofferende dienswerk die aarde en hoe dinge hier gebeur nader aan die hemelse werklikheid.

Hoe is jy die antwoord op daardie gebed?

God stuur jou om aan jou eie gebed inhoud te gee.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.