ToekomsVenster: God se ingryping

God-se-lig

Foto: Pixabay.com

Psalm 85:7

Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat u volk hulle vreugde in U kan vind nie?

Daar is die mooiste en aangrypendste verhale van God se ingryping in die lewens van mense, gemeentes en gemeenskappe. Dit is gedokumenteer en kan gelees word deur eenvoudig “herlewingsgeskiedenis” op die getroue “Google” in te tik. Volumes is geskryf daaroor.

Israel se geskiedenis is een van herlewing op herlewing. Ons praat van verbondhernuwing. Die opmerklike is dat God, wat alle rede het om sy rug op mense te draai vanweë hul ongehoorsaamheid en volharding met die verkeerde, telkemale weer uitkoms gee.

Herlewing is nie goedkoop nie, dis  ʼn uitdrukking van God se onverdiende genade.

Ons moet nie lukraak met God se genade omgaan nie.

Romeine maan ons om nie, net omdat God genadig is, in sonde voort te ploeter nie.

Mag die Here ons weer kom besoek in herlewingskrag.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.