ToekomsVenster: God se opsoekende liefde


ToekomsVenster-3-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.

Lees Genesis 3:8-9

God is heeltemal anders as ons. Hy is nét goed en nét ‘n Bron van liefde. Daarom los Hy nie die mens in hulle ellende nie. Hy kom terug en soek hulle weer op. Hy roep na hulle met die vraag: “Waar is jy?”

Dit is en bly die vraag van God se opsoekende liefde wat nie wil of kan aanvaar dat die mense, wat Hy uit liefde geskep het om in sy oorvloed te deel, met enigiets minder as dit tevrede kan wees nie. Hy wil steeds sy oorvloed met ons deel. Sy gesindheid teenoor ons het nog niks verander nie. Hy kan dit nie help nie, wat Hy is God, nie ‘n mens nie.

Dink weer na oor jouself. Hoe voel jy oor jouself en wie jy in jou eie oë is?

  • Kan jy aanvaar dat God geen fout met jou gemaak het nie? Dat jy kosbaar is in sy oë en vir Hom in alle opsigte lieflik is? Dat Hy opgewonde oor jou is?
  • Kan jy glo dat God nie daarvan hou dat jy met enigiets minder tevrede moet wees (in ‘n wêreld van vergelyking en mededinging) as wat Hy vir jou bedoel het nie, naamlik om deel te hê aan sy volheid en oorvloed in ‘n wêreld van liefde en harmonie?
  • Kan jy hoor hoe Hy elke keer, wanneer jy dink jy weet beter en dan dom keuses maak, terugkom na jou toe en vra: “Waar is jy?”

Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.