ToekomsVenster: God se teenwoordigheid


rus-by-God

Foto: Tearsinabottle.wordpress.com/Royalty-Free/Corbis

Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. 2 Kronieke 7:14

Op Pinksterdag, sewe weke ná Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek saam. Skielik was daar in die lug bokant hulle ’n geluid soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle bymekaar was. Tonge wat gelyk het soos individuele vuurvlamme het toe tussen hulle verskyn en op elkeen van hulle gaan sit. Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat. Handelinge 2:1-4

1860, Worcester, Andrew Murray. O, hoe smag ons na die bewuswording van God se teenwoordigheid. Toe die Heilige Gees op Pinksterdag in al sy heerlikheid kom, is die hele vertrek gevul met die geluid van God se teenwoordigheid. Die geluid van ʼn geweldige rukwind, tonge van vuur. Tale, bekend en onbekend, die groot dade van God word aangekondig. Mense kom tot bekering. Sommige val op hul aangesig voor die Here en bely hul skuld. Ander breek uit in hosannas: “Loof die Here, o my siel en alles wat binne my is sy heilige Naam. Loof die Here en vergeet geeneen van sy weldade nie. Dit is Hy wat my sonde vergewe, my van alle ongeregtigheid genees.”

Die vonk van God se teenwoordigheid spring van een gemeente na die volgende, van een gemeenskap na die volgende. Mense se lewens verander, gemeenskappe verander, God se koninkryk kom.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.