ToekomsVenster: God se vrede vir jou

(Foto: Saad Chaudhry/Unsplash)

Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. – Johannes 14:27

Vrede, sê die teks. God se vrede, bo aards, hemels, Goddelik, maar nie soos die wêreld gee nie. Aardse vrede hou nie lank nie, verdamp soos dou voor die môreson.

Ons het iets anders nodig in die tyd waarin ons lewe. Luister nog ’n keer na Nightbirde, die kankerlyer met ’n 2% kans op oorlewing, wat by America’s Got Talent een en elkeen se bewondering afgedwing het.

“Ek herinner myself daaraan dat ek tot die God bid wat die Israeliete dekades lank verlore laat bly het. Hulle het gesmeek om in die beloofde land aan te kom, maar in plaas daarvan het Hy hulle laat dwaal en gebede verhoor wat hulle nie gebid het nie. Veertig jaar het hul skoene nie verweer nie. Vuur het elke aand hul pad aangesteek. Elke oggend het Hy vir hulle genadebrood uit die hemel gestuur.

“Ek kyk hard na die antwoorde op die gebede dat ek nie gebid het nie. Ek soek die genadebrood wat Hy belowe het om elke oggend vir my vars te bak. Die Israeliete het dit manna genoem, wat beteken ‘wat is dit?’

“Dit is dieselfde vraag wat ek vra – weer en weer. Hier is êrens genade – maar wat is dit? Wat is dit? Wat is dit?

“Ek sien genade in die stowwerige sonlig wat die bome omlyn, in my ma se krom hande, in die kombers wat my vriend vir my agtergelaat het, in die harmonie van die windklokkies. Dit is nie die genade wat ek gevra het nie, maar dit is nietemin genade. En ek leer ‘n nuwe gebed: dankie. Dit is ‘n gebed wat ek nog nie bedoel nie, maar sal herhaal totdat ek dit doen”.

Sy sê dit is ’n gebed wat ek nog nie bedoel nie, maar sal herhaal totdat dit betekenis kry want sien, die wonde en vertwyfeling lê te vlak.

Hoe gaan dit met jou? Is jy ook teleurgesteld en kwaad vir God? Waarom sê jy dit nie vir Hom nie? Begin ʼn openhartige en eerlike gesprek met Hom vandag nog.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.