ToekomsVenster: God tree altyd waardig op


liefde-hart

Foto: Hercampus.com

Dit (die liefde) tree nie onwaardig op nie… – 1 Korintiërs 13:5a

God tree nooit onwaardig teenoor ons op nie. In gewone Afrikaans sou ons seker kon sê dat God nooit ongemanierd in Sy optrede teenoor ons is nie. Baie keer is mens geneig om mooi en hoflik op te tree teenoor vreemdelinge, maar wanneer jy tuis is, moet jou huismense maar verlief neem met iemand wie se beste maniere by die voordeur agtergebly het. God maak egter nie so nie. Sy optrede teenoor ons getuig daarvan dat Hy nooit Sy eie belange voorop stel nie.

Miskien dink jy dat dit baie harde werk is om so te leef en dat dit daarom nie vir jou gaan werk nie. Dis egter nie harde werk as ons toelaat dat die Heilige Gees ons van binne omvorm om liefde te word nie. Wanneer liefde nie meer aangeleerde gedrag is nie, maar wie ons is, is dit maklik om liefde te leef. Dink aan ’n glas vol water. Indien jy aan die glas stamp, gaan daar water mors. As jy toelaat dat die Heilige Gees jou al meer Christusgelykvormig maak, gaan jy liefde stort wanneer daar aan jou gestamp en gestoot word.

Toe jy gekies het om ’n tempel van die Heilige Gees te word, het jy eintlik al jou skepe verbrand. Daar is nie meer terugdraaikans nie. Jy kan net sowel vandag finaal aanvaar dat jou ou sondige natuur met al sy nukke en grille iets van die verlede is en God toelaat om jou te omvorm na Sy aard en karakter. Jy wil tog uiteindelik meer en meer soos Hy word, nie waar nie?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansa ·

Dit tog so waar. As n mens toelaat dat die Heilige Gees mens omvou met Sy liefde dan stort n mens ook liefde uit. Sterkte vir die dag

neelsie ·

As christen sal die vrug van die Gees in jou lewe sigbaar wees.
Die hele Gal 5;22 ,( nie net dit wat jou pas nie )

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.