ToekomsVenster: God troos op sy eie manier en tyd


vertroosting

Argieffoto.

Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word. Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here. – Psalm 112:6-7

Daar is baie dinge wat ek nie verstaan nie. Vanoggend het ʼn persoon (van ʼn ander dorp) my geskakel en sy hartseer verhaal vertel. In my gedagtes skarrel ek om ʼn teks te kry wat verduidelik en vertroos. Dit kom egter nie by my op nie. Ek wonder heimlik of die woorde wat ek spreek my sou getroos het as ek in daardie man se situasie sou gewees het. En tog troos God op sy eie manier en tyd.

Ek onthou toe my pa oorlede is, baie jare gelede. Dit was uiteraard ʼn baie hartseer ervaring en het my heeltemal onkant gevang.
Die gedagte dat hy wat ons aardse omwandeling betref weg was, het my ontstel en onseker laat voel. Die begrafnis was traumaties en seer en tog het vele mense opgemerk dat hulle die Here se vrede (vertroue) in, by en met my kon aanvoel.

Christene word nie deur vrees geïntimideer nie. Vrees kom nie van die Here af nie. Vrees wat vertroetel word, is ʼn mosie van wantroue in God en sy vermoë om te sorg.

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. – Spreuke 3:5

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.