ToekomsVenster: God wat die begin en die einde verteenwoordig

koninkryk-van-God-2

Foto: Pok_Rie/Pixabay.com

Want aan U behoort die Koninkryk, die krag en die heerlikheid. Tot in ewigheid. – Matt 6:13

Terwyl hierdie woorde nie in sommige vertalings voorkom nie of as ʼn voetnota geplaas word, is dit ʼn gepaste wyse om elke gebed mee af te sluit, immers, wat sou daarteen gesê kan word.

God wat die begin en die einde verteenwoordig is waardig om al die lof en aanbidding van die bidder se hart en lewe te ontvang.
Die lofverheffing bevestig nie alleen wat bo alle twyfel vas staan en waar is nie maar is ʼn betekenisvolle insentief vir die gelowige wat nou net sy nood en afhanklikheid voor God bely het. Die lofverheffing is ʼn poging om die almag van God te beskryf.

Mense woorde is egter ver te gering om dit na behore te doen. Daar is nie genoeg inhoud in ons woordeboek om te verwoord wat Hom toekom nie.
Tog gryp die lofverheffing ʼn mens se verbeelding aan. Die bring jou voor die genadetroon waar jy met hande omhoog en in bewondering Hom wil verheerlik.

Skielik word jou berg ʼn molshoop. Dit is gering en eintlik van minder belang omdat Hy van alle ewigheid af op die troon sit en dit nooit sal abdikeer nie.

Ons lewens is geborge in Hom. By Hom is ons en ons geliefdes, ons land en die wêreld, veilig. As die wêreld net hul afhanklikheid van die fenomenale God wil erken sal die geskiedenis heelwat anders lyk.

Lees weer die lofverheffing en beklink dit met ʼn luidrugtige Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.