ToekomsVenster: God weet sonde verniel


bekommernis

Argieffoto.

As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien. – Psalm 130:3-4

Die Bybel leer ons almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.

1 Johannes 1:8 tot 10: As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

Romeine 3:23: Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.

In gewone taal beteken dit dat sonde, ongeregtigheid, liefdeloosheid, ensovoorts ons van God vervreem. Dit het alles in die paradys begin, toe Adam en Eva God se skeppingsdoel met hul lewens willens en wetens en onder aanstigting van die duiwel vir ʼn leuen verpand het.

“God het nie goeie intensies met julle nie. God wil iets van julle weerhou,” het hy in hul ore gefluister. Genesis 3:5 “maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.” Dit is die essensie van sonde. Die leuen dat God ons pret wil bederf, dat Hy foutvinderig is en Homself verlekker in die verleentheid van sy kinders.

God weet sonde verniel die lewens van sy kinders oneindig. Geen vader wens sy kinders dit toe nie. Daarom dat God ʼn afsku het in sonde. Moenie toegee aan die pretensies van die bose nie.

Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af ʼn moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ʼn leuenaar en die vader van die leuen. – Johannes 8:44 (Jesus in gesprek met die Fariseërs en Skrifgeleerdes.)

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.