ToekomsVenster: God werk deur en buite die kerk


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

1 Korintiërs 3:12 Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, elkeen se werk sal aan die lig kom.

Soos wat die teks aandui, werk ons op verskillende maniere. Die teks beteken nie dat een se werk meer belangrik is as die ander een nie. Goud beteken dat ek anders werk as die een wat met hout werk. Net so werk verskillende kerke verskillend. Die konteks van die bepaalde kerk bepaal die bediening van die gemeente. Die gemeente wat net boere in sy kerk het, sal mos anders bedien as die gemeente wat in die middel van die stad is.

Ons moet ook nie die fout maak om te dink dat God net in die kerk werk nie. God werk in die kerk, maar Hy werk ook reeds op verskillende maniere buite om die kerk. Hy gebruik wie en wat Hy wil om Sy Koninkryk te laat kom. God se genade is so groot dat Hy die kerk gebruik. Onthou die teks Johannes 3:16: “want so lief het God die wêreld…” nie die kerk nie. Die kerk is een van die voertuie wat God gebruik.

In die ontwikkeling van ons gawes moet ons as gestuurdes kan onderskei waar God besig is in die wêreld. Die kerk moet ook die aanvoeling hê om te kan betrokke raak daar waar God klaar betrokke is.

Gebed:

Here dankie dat U my aandeel nie weeg of meet nie. Dankie dat U my aandeel in U Koninkryk aanmoedig en gebruik. Ek is vandag beskikbaar – stuur dit wat U oor my pad wil laat kom en help my om dit raak te sien. Amen.

Leefwyse:

Wat is jou aandeel en waar wil jy betrokke wees? Dink aan waar God reeds besig is.

Iets om vandag oor na te dink:

Die teks beskryf verskillende materiale waarmee daar gebou kan word. Waarmee dink jy bou jy? Dink jy jy kan dalk met van jou ander gawes (boumateriale) ook bou? Sit vandag en dink waar die Here besig is om te bou wat jy kan raaksien. Is dit by die werk, skool of daar waar jy ontspan? Dink jy die Here wil hê jy moet daar aan die werk spring?

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.