ToekomsVenster: God wil jou gebruik

(Argieffoto)

Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. – Matteus 5:13

“Suid Afrika kort…” Hoe sou jy dié sinnetjie klaarmaak? Dit trouens is die opskrif van ʼn berig in ʼn dagblad. Die skrywer oordeel dat as sekere veranderinge gemaak word dit balans en gematigdheid in die politieke stelsel tot gevolg sal hê.

Ons is nie politici nie maar ek is daarvan oortuig dat daar by kuiertjies om die braaivliesvuur-talle menings geuiter word oor wat Suid-Afrika aan die begin van 2020 nodig het. Dit mag na die wye spektrum van ekonomiese, politiese en sosiaal maatskaplike hervormings verwys. Ek vermoed staatskaping en die Zondo-kommissie sou sterk in gesprekke voorkom. Sommige mag selfs sondebokke by die naam noem en vooraf verhore hou om hul sin vir geregtigheid te dien.

Dienslewering, veral die ontoereikende aard daarvan en die onwilligheid van plaaslike owerhede om aan infrastruktuur se onderhoud en ontwikkeling aandag te gee, word waarskynlik hier en daar genoem. Eskom duik in talle gesprekke op, en so ook al die ander staatsbeheerde instellings.

Die meeste van hierdie sake verdien om genoem te word en het absolute meriete. Wat egter het Suid-Afrika nodig met betrekking tot jou persoonlik? Hoe is jy en ek deel van die oplossing in stede daarvan om geregverdigde kritiek uit te spreek maar self niks pro-aktief te doen nie?

Jy mag vra watter verskil jy tog aan die situasie kan maak?

Gebed is ʼn uitnemende plek om te begin. Daar is waarheid in die uitspraak – gebed verander sake. Daar is geleenthede binne gemeentelike en gemeenskapsverband om daadwerklik by te dra tot ʼn gesonder wêreld.

Jou mening tel punte, skryf daaroor en praat daaroor.

God wil jou gebruik.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Agter die skerms..... ·

Gebruik my my God ek is hier tot U beskikking. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.