ToekomsVenster: God wil jou gebruik


Vergifnis

Argieffoto.

Toe Hy hongersnood oor die land gebring het en al hulle kos laat opraak het, het Hy iemand voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop. – Psalm 105:16 -17

Die Here het Moses, sy dienaar, gestuur, en vir Aäron, die man wat Hy verkies het. – Psalm 105:26

God wil jou as instrument gebruik. Dwarsdeur die geskiedenis het God mense gebruik. Hy kan met engele volstaan en die Bybel leer ons dat hulle inderdaad betrokke is by God se heilshandelinge met hierdie wêreld. Tog is dit mense in die besonder, beelddraers, verteenwoordigers, ambassadeurs, genade-agente wat die genadigste deur God ingeskakel word by die koms van sy Koninkryk. In die teksgedeelte word eers na Josef verwys. Sy verhaal is oorbekend. Selfs deur baie moeilike tye het hy getrou gebly aan sy drome. Op die bestemde tyd het God dit realiseer. Ek is so bly Josef het nie handdoek ingegooi nie.

Moses is ʼn ander voorbeeld. Die volk van die Here word na eeue se swaarkry deur een man se gehoorsaamheid en visie van hul slawerny verlos.

God wil jou gebruik. Stel jouself nou beskikbaar.

Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” – Jesaja 6:8

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Veritas ·

God gebruik nie net gelowiges om Sy evangelie te verkondig nie. Hy gebruik wie Hy wil soos bevestig word deur die gebruik van Sy aartsvyand Saulus.

Gert ·

Here gee dat ons nie ons talente sal begrawe soos die slaaf met die een muntstuk nie maar dat ons sal opstaan en ons self beskikbaar stel tot diens van U. Amen

lettie ·

Amen. Christus dankie dat ons nie ryk, beeldskoon, maer en suksesvol hoef te wees om U ambassadeurs te wees nie. U aanvaar ons onvoorwaardelik met ons foute en al om ligdraers te wees op aarde. Gooi ook asb ons geestelike skille van ons oe af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.