ToekomsVenster: God wil nog altyd seën


Hoop

Argieffoto.

Lees Genesis 12:1-3

Kan jy aanvaar dat God se basiese bedoeling vir jou lewe is om jou te seën?

God het op sy hart om mense te seën – dit sluit jou in. Hy wil jou ook iemand van groot betekenis maak. Wanneer jy hierdie woorde hoor, moet jy versigtig wees om nie jou eie gevolgtrekkings daaroor te maak nie. Jy sien, iemand wat soos God wil wees, sal maklik dink God wil hom of haar iemand maak wat beroemd, bekend of baie geliefd is.

God vra egter vir Abram om weg te trek van sy land en familie af. Abram moet dus die plek agterlaat waar hy waarskynlik betekenis gehad het in die mense se oë. Hy moet in gehoorsaamheid aan God die onbekende tegemoetgaan. Die rede daarvoor is dat God op ‘n ander manier en plek aan sy lewe betekenis wil gee. God wil hom iemand van betekenis in God se koninkryk maak, en dit lyk baie anders as om iemand van betekenis in die wêreld se oë te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.