ToekomsVenster: Hanteer skuldgevoelens

skuldgevoelens

(Foto: Redeeminggod.com)

Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. – Rom. 8:1 (83 Vert.)

Daar word gepraat van gesonde geloofsgewoontes of ritmes wat ons op die weg van die geloof begelei en toerus. Daaronder tel gereelde afsondering en stil word, die gemeenskap van die gelowiges en betrokkenheid. Daar is helaas ook ongesonde, “ongeloofsgewoontes” wat ons in ons voortgang en op weg wees wil pootjie en dit dikwels regkry. Ons gaan gedurende hierdie week oor sommige daarvan gesels en met verwysing na relevante tekste wat ons op ʼn gesonde trajek kan plaas.

Vandag gesels ons oor skuldgevoelens. Dit is so dat daar mense is wat vir jare die las van skuldgevoelens met hul saamdra.

Die lewe is stukkend en ons almal maak foute. Ons stel God, ander en onsself teleur. Ons maak verkeerde keuses, selfs bewustelik so. Die gevolge van ons dade bly nie uit nie en sorg vir hartseer en verwyte. Selfverwyt van allerlei aard kompliseer die lewe onnodiglik.

As Jesus betaal het en Hy het, dan het Hy vir alles betaal. Ek ken geen opsomming in die Bybel wat aandui wat nie deur Jesus se kruisdood “gedek” word nie. Trouens, Jesaja sê dit so mooi, al was jul sonde soos skarlaken en so rooi soos purper dit sal wil word soos sneeu en wol.

Al wat ons hoef te doen is om daardie skuld, sou dit ter sprake wees voor die Here te lê en Hom te dank dat sy offer genoegsaam is. Skuld en skuldgevoelens kom nie van God af nie. Ja, die Heilige Gees oortuig van sonde, oordeel en geregtigheid maar doen dit op heel ʼn ander wyse.

Dit het dalk tyd geword dat jy daardie skuldgevoelens agter jou plaas, veral hier aan die begin van ʼn nuwe jaar.

Aanvaar die volkome versoening wat God in Christus Jesus vir ons bewerk het en kom vry van die las van skuld.

Let op die teks – geen veroordeling nie. Maak dit nou vas.

Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. – Rom. 8:1 (NLV)

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here Jesus U het my skuld, my sondelas kom vereffen….U genade laat my in verwondering..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.