ToekomsVenster: Hardloop die wedloop met jou oë op Jesus


Oe

Argieffoto.

Gister is water onderdeur die brug, lui die spreekwoord. Jy kan niks daaraan doen nie. Aan die ander kant word ʼn mens soms so oorskadu met die dinge wat jy nie goed (genoeg) gedoen het nie dat ʼn mens sommer moedeloos wil uitsak. Dis nie nodig nie. Die afgelope jaar het ook (waarskynlik baie meer as die slegte) goeie dinge ingehou en gebring.

Jy lewe immers, anders sou jy nie na hierdie klankgreep geluister of hierdie dagwyding gelees het nie. Die lewe is kosbaar en ʼn mens kan die Here daarvoor dank. Daarbenewens het tientalle mense deel van jou lewensreis uitgemaak. Dis ʼn verdere stuk genade uit die hand van God. Die skare op die pawiljoene van die lewe moedig ons aan om die res van die wedloop volhardend te hardloop, die oë gevestig op Jesus, die Begin en die Voleinder van die geloof. Mag die Here jou seën in die nuwe jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

tanita ·

Dis so wonderlik dat mense nog die eer aan die Here gee. Meeste dink als gebeur maar net vanself! Maar ek weet dat elke dag n genade is en laat ek nie die wedloop van die lewe sal kan uitstaan as dit nie vir my Hemelse Vader is nie! Mag elkeen van ons n wonderlike jaar he met Jesus in ons lewe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.