ToekomsVenster: Heel mense deur versoening met mekaar


versoening

Foto: Reint Dykema.

Wie ‘n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie ‘n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende. – Spreuke 17:9

Op verskeie plekke in die Bybel leer ons dat God ons sonde vergewe en nie weer daaraan dink nie (Jes 43:25; Heb 10:17). Sy vergifnis is so radikaal dat ons nooit weer hoef terug te dink aan ons sonde van die verlede nie. Ons ontvang ’n skoon begin uit sy hande.

Dis hoekom dit so vreemd is dat ons mekaar so graag aan die verlede herinner. Ouers doen dit met kinders. Kinders vertel ook maklik vir ouers waar hulle in die verlede verbrou het en uiteindelik hulle kinders se lewens ernstig negatief beïnvloed het. Huweliksmaats doen dit graag met mekaar. Ons sal vergewe, maar nie vergeet nie.

Dis ’n kitsresep vir mense wat hou van verdeeldheid.

Sit egter die skoen vir ’n oomblik aan die ander voet. Wat sou jou grootste wens wees as jy iets aan iemand gedoen het wat hom of haar groot skade berokken het? Hoe sal jy voel as hulle daaroor skinder, dit bly ophaal en voor jou kop gooi al het jy jou sonde voor hulle en God bely?

Versoening, versoening, versoening! Dis die enigste opsie as ons gesond wil word en geestelik en emosioneel meer volwasse wil word, sê ds. Jannie Pelser in vandag se ToekomsVenster-oordenking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.