ToekomsVenster: Heel mense in die gemeenskap van gebrokenes


ToekomsVenster-2-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.

Hoe reageer jy as iemand met jou kom gesels oor iets wat in jou lewe verkeerd is, vra ds. Jannie Pelser in vandag se ToekomsVenster-oordenking. Wat gebeur as iemand vir jou see dat hulle bekommerd oor jou geestelike lewe of huwelik is? Geestelik volwasse mense weet dat hulle nog nie die doel bereik het nie. Hulle weet dat hulle hulp op hulle lewensreis nodig het.

Wat maak jy as jy sien dat iemand sy of haar kop liederlik gaan stamp? As ons nie keer nie, sê die digter, sal hulle wat val-val deur die lewe gaan, hulle lewe verloor (Spreuke 24:11).

Praat vandag met jou ouers, kinders, huweliksmaat of daardie vriend of vriendin wat besig is om die spoor byster te raak. Moenie rus voordat jy met hierdie taak begin het nie. God vra dit van jou en my.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.