ToekomsVenster: Help hulle nood, lê julle toe op gasvryheid

(Foto: Aaron Burden/Unsplash)

Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. – Rom. 12:13

“Once bitten, twice shy.”

Ons vertrou niemand meer nie. Dit is te gevaarlik. Jy laai niemand op langs die pad nie. Jy maak nie die deur vir vreemdelinge oop nie. Jy bere jou besittings onder die sitplek sodat ander dit nie kan sien nie. Die bagasieruim is nog beter.

Jy bring omheining aan en elektriese drade bo-op dit. Jy werk met ʼn interkom en antwoord nie as jy nie lus is nie. Jy dra ʼn donkerbril en maak of die straatbedelaar nie bestaan nie.

Dit is die wêreld waarin ons bly en die maniere wat ons gebruik om onbetrokke maar ook veilig te bly.

Dis tragies, vreeslik, hartseer en ver van die Evangelie. Die Woord sê: “betoon gasvryheid teenoor mekaar. Help mense in nood”.

Ek staan skuldig. Miskien jy ook?

Dis moeilik, toegegee. Die lewe het ons al te hard geslaan. Ons het al te veel stories gehoor van mense wie se goedheid misbruik is. Stories in die koerante slaan ons asem weg.

Liewer bang Jan as dooie Jan. Inderdaad, maar waar is die geloof in God se beskerming dan?

Sjoe, ek skryf en gesels moeilik oor hierdie vers want ek sien myself deur die bril van die Evangelie en hou nie van wat ek sien nie.

Miskien het jy verskonings, redes en argumente, dalk nog goeies ook. Die Here verstaan.

Die Here verstaan, maar iewers in ons stryd om veilig te wees verloor ons dalk die essensie van Christen wees.

Ek wonder wat jy dink? Dalk is jy kwaad vir my. Dis my storie. Hoe klink joune?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here U waarsku ons oor die vrese in ons lewens…. ek belei dat dit my siening oorheers…Help my om deur U oe te sien..Amen

OW ·

Interessante skrywe ds Jannie.Dit is ‘n moeilike onderwerp.Ek glo ons dien ook ‘n God van orde.God het ook vir ons ‘n verstand gegee om te kan onderkei tussen mense in nood en natuurlik kansvatters wat orals voorkom.Ek glo as mens gee,gee jy gestruktureed,maw deur ‘n organisasie waar jy weet dit wel by die behoeftiges uitkom.Wat behoeftige individue betref glo ek moet jy ook jou verstand gebruik om te onderskei tussen kansvatters en mense wat werklik hulp nodig het.Hierdie is natuurlik moeiliker.Ek glo dat dit wat jy sien op ‘n gegewe oomblik,jou moet laat lei deur die Heilige Gees en mens sal wel leiding ontvang wat om te te doen.Ek glo intuïsie speel ook hier ‘n groot rol.Groetnis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.