ToekomsVenster: Hemelse wysheid teenoor aardse wysheid

wysheid

Foto: Pixabay.com

Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. – Jak. 3:13

Ons wêreld gaan gebuk onder gruwelike menseregte vergrype. In ons eie land onderskei ons onsself as een van die mees gewelddadigste lande ter wêreld. Respek vir vroue en kinders ontbreek. Korrupsie neem steeds hand oor hand toe. Eiebelang staan bo aan die lys. Politieke opportunisme en blatante verwoesting van mense se lewens is aan die orde van die dag. By die Kaapse universiteit is leerkragte in die mate getraumatiseerd oor die intimidasie wat met die “fees must fall” veldtog gepaard gaan dat hulle emosionele skade ly.

Suid-Afrika is nie ʼn geloofwaardige kandidaat wanneer dit by goeie gedrag en wysheid kom nie. Dit gaan rof en uitkoms lyk nie baie naby te wees nie. Ons land is op ʼn glyskaal af onder toe en tensy leiers in die besonder ʼn goeie en gawe dosis wysheid bekom voorspel die toekoms niks goed nie. Nederigheid is so ʼn mooi eienskap. Net so aantreklik as wat egte nederigheid is net so afstootlik is die meerderwaardigheid en arrogansie wat die optrede van baie in ons land kenmerk. Ons vrees vir die toekoms van ons kinders. Dit kan te laat word.

Sal iemand (ek en jy) nie asseblief na vore tree en help red wat te redde is nie?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.