ToekomsVenster: Here help my om die regte lewenspad te kies


keuses

Argieffoto.

As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies, sodat hy voorspoed sal geniet en sy nageslag die land sal bly bewoon. – Psalm 25:12

ʼn Mens kom meermale by die plek waar jy wonder oor die aangewese pad vorentoe. Daar is dikwels verskeie moontlikhede elk met die belofte van goeie uitkomste en kleurryke dividende. Nie alle paaie is egter goed nie. Die Bybel se daar is ʼn pad wat reg lyk maar waarvan die uiteinde die dood is.

Die Bybel is vol belofte vir mense wat erns maak met die stem en leiding van die Here. God is meer as bereid om ons met pad aanwysings te voorsien. Immers Hy weet waarheen Hy met elkeen van ons op pad is. Psalm 23 leer dat Hy ons op paaie van vrede neem. Die vrede van God gaan alle verstand te bowe leer Paulus ons. Dit is vrede te midde van omstandighede. Somtyds wil ʼn mens twyfel aan die aanwysings wat die Here gee. Op die oog af lyk dit nie na die beste pad nie maar die Here maak nie foute nie. Hy mors nie ʼn mens se tyd en energie net omdat Hy dit nie na waarde ag nie. Inteendeel, Hy is vormend besig in ons lewens sodat ons toenemend beter toegerus mag wees vir die taak en roeping wat Hy ons opdra.

Mag jy vandag vrede vind met die trajek waarop jy jouself bevind. Moenie dat die mooi rondom jou en die oomblik by jou verbygaan nie. Dis uiteindelik die reis wat saak maak, die bestemming kom vanself.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.