ToekomsVenster: Here, hoor my nog een keer

gras-veld-sonlig

Foto: @gebhartyler/Unsplash.com

“Toe sê Abraham: ‘Moet tog nie kwaad word nie, Here! Ek wil nog net een keer praat; miskien word daar tien gekry.’ En die Here sê: ‘Ook oor tien sal Ek dit nie verdelg nie.’” – Genesis 18:16-33

Laat ons soos Abraham en Moses en ander profete by God pleit om genade. Dit was en is immers net die genade van die Allerhoogste dat ons in verhouding met die Vader staan. Ons is geregverdig deur die bloed van die Lam. Daar is geen ander grond vir ons redding as die liefde van God nie.

Laat ons nooit vergeet waar die Here ons kom haal het nie.

Bid vir hierdie stukkende en onverskillige wêreld. Bid gereeld.

Gebed

Heilige Gees, somtyds wil ek hierdie wêreld ook oorgee aan die dwase
besluite wat dit maak.
Ek raak omgekrap as ek die koerant lees en na aand-TV kyk.
Dit bly U wêreld.
U het U Seun gegee omdat U die wêreld liefhet.
Help my om dit genoeg lief te hê dat ek daarvoor sal bid.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Spook ·

Die meeste boere wat so wreed vermoor word bid sonder ophou

SNEL ·

God bly in beheer, Sy oë sien alles raak, elke misdaad en elke moord. Ons taak is vertrou, glo en bid. As ons n God dien wat ons kan verstaan en hoekom Hy goed so en so doen, en hoe Hy werk, is dit nie n god wat waardig is om aanbid te word nie. Ons God is soeverein en Hy het die sê hoe Hy werk en gebede wil beantwoord, nie hoe ons dit beantwoord wil hê nie. Die Onse Vader sê ook, Laat U wil geskied, so moet ons bid en God laat handel soos Hy wil. God weet die beste. So leer die Bybel ons ook hoe dit in die laaste dae sal gaan, geen “joll in the park” nie. Punt is, ken die Man aan altwee kante van die rivier, dat lewe of dood, jy gereed sal wees, dan vrees mens nie die dood nie, miskien wel of dit seer of nie gaan wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.