ToekomsVenster: Herlewing


stil

Foto: pixabay.com

Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. 2 Kronieke 7:14

Herlewing, die smagtende verlange van God se kinders. Herlewing beteken dat iets wat eens op ʼn tyd geleef het tot so ʼn mate veragter het dat nuwe lewe nodig is. Dis soos ʼn vuurtjie wat dreig om uit te doof. Naby kom en liggies blaas sodat die as wat bo-op gevorm het, kan plek maak vir die kooltjies daaronder is wat nodig is om daardie vlammetjie weer te voorskyn te bring. Die lewe is daar, maar dis yl en dreig om totaal uitgedoof te word.

God blaas in herlewingstye die as van onverskilligheid en louheid wat op ons kom lê het deur sy Gees af sodat daar weer lewensvlamme kan ontstaan. O, hoe nodig het ons dit nie.

Goddank dat die vuur nie heeltemal uitgedoof is nie. Dis waarom ons roep na herlewing. Ons wil wees wat ons was.

“Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak nie! Ons impak in die wêreld het gering en onindrukwekkend geword. Die wêreld rondom ons leef te midde van chaos omdat ons die lewenskrag van ʼn dinamiese verhouding met die lewende God verloor het. Here, stuur herlewing.”

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.