ToekomsVenster: Herodus en Augustus


Herodus-en-die-wyse-manne (Small)

Foto: Lds.org

Herodus en Augustus word albei sonder hul medewete en instemming instrumenteel om Ou-Testamentiese profesieë waar te laat word. Augustus skryf ʼn sensus uit wat inhou dat alle inwoners na hul geboorteplek moet terugkeer. So bevind Maria en Josef hulle in Bethlehem as vervulling van Miga 5:1 (Bethlehem nie die kleinste onder die leiers van Juda nie).

Herodus, op sy beurt, voel so bedreig wanneer hy van die sterrekykers verneem dat ʼn koning gebore gaan word dat hy geen steen onaangeroer laat om hierdie bedreiging te neutraliseer nie. Daarom dat hy opdrag gee dat alle seuntjies onder ʼn sekere ouderdom doodgemaak moet word. Daarin werk hy mee dat die woord Hosea 11:1 (uit Egipte het ek my seun geroep) en Jeremia 31:15 (Ragel treur oor haar kinders) vervul word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.