ToekomsVenster: Het jy die Here ook baie lief?

Liefde-vir-God

Foto: Collegehumor.com

Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here, my Sterkte. – Lees Psalm 18:2

Om God lief te hê is ʼn gawe vanuit die hemel. Ons sou nie op Hom kon reageer as Hy ons nie eerste kom opsoek het nie. Ons liefde is ʼn reaksie op sy goedheid, oorvloedige guns en genade.

Liefde is egter ʼn moeilike saak om te kwalifiseer en te kwantifiseer.

Hoe lyk liefde teen die agtergrond dat dit in die besonder ʼn emosie is. Hier diep binne in jou is daar ʼn gewaarwording van toegeneentheid, ʼn behoefte om positief op iets of iemand te reageer, ʼn gevoel van warmte en omgee. Teoretiese liefde moet egter in dade van gehoorsaamheid vergestalt word.

Die enigste wyse waarop liefde sin maak is as dit ʼn verskil maak in die wyse waarop jy lewe en reageer. Jou prioriteite en lewensuitkyk word in der mate aangepas en verander dat dit duidelik is dat daar ʼn ander positiewe invloed in jou lewe gekom het.

Mense is aangewese op ander se liefde. Ons het nodig om dit vir mekaar te sê en dit teenoor mekaar te bewys. Mense verskil in hul belewenis van liefde. Daar word mos deesdae van liefdestale gepraat. Vir sommige is dit aanraking en vir ander geskenke. Vir sommige is dit verrassings en ander  uitstappies.

Ek het ʼn idee God se liefdestaal is tyd saam met sy geliefdes. Dis nogal moeilik om betekenisvol lief te hê maar nie tyd met die persoon vir wie jy lief is deur te bring nie.  Liefde impliseer tyd.

Baie lief beteken seker ook baie meer tyd. Die mooi woord intimiteit beskryf die verbintenis tussen man en vrou in die huweliksverhouding. Die huwelik is ʼn metafoor van die verhouding wat God in Christus met sy volgelinge en kerk beoefen.

Hoeveel intimiteit is daar tussen jou en God. Het jy die Here ook baie lief?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dolf

Fantastiese woorde!!!

Jenny

O beslis, ABBA Vader is:- My More my Middag en my Aand HY is my Opstaan en my Gaan slaap Hy is my Vreugde, my Blydskap my Vrede Hy is die Blos op my wange Die Lag op my Lippe Die Vonkel in my Oog My Huppel in my Stap Hy is my Lied in my hart Hy is die Polsensde Bloed deur my are my Polsslag en my Hartklop Hy is my Meester, my Verlosser my Koning Hy is my Liefling, my Beminde, my Lewe met Hom spring ek oor ‘n muur met Hom loop ek ‘n bende storm… Lees meer »