ToekomsVenster: Het jy die Here ook baie lief?


Liefde-vir-God

Foto: Collegehumor.com

Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here, my Sterkte. – Lees Psalm 18:2

Om God lief te hê is ʼn gawe vanuit die hemel. Ons sou nie op Hom kon reageer as Hy ons nie eerste kom opsoek het nie. Ons liefde is ʼn reaksie op sy goedheid, oorvloedige guns en genade.

Liefde is egter ʼn moeilike saak om te kwalifiseer en te kwantifiseer.

Hoe lyk liefde teen die agtergrond dat dit in die besonder ʼn emosie is. Hier diep binne in jou is daar ʼn gewaarwording van toegeneentheid, ʼn behoefte om positief op iets of iemand te reageer, ʼn gevoel van warmte en omgee. Teoretiese liefde moet egter in dade van gehoorsaamheid vergestalt word.

Die enigste wyse waarop liefde sin maak is as dit ʼn verskil maak in die wyse waarop jy lewe en reageer. Jou prioriteite en lewensuitkyk word in der mate aangepas en verander dat dit duidelik is dat daar ʼn ander positiewe invloed in jou lewe gekom het.

Mense is aangewese op ander se liefde. Ons het nodig om dit vir mekaar te sê en dit teenoor mekaar te bewys. Mense verskil in hul belewenis van liefde. Daar word mos deesdae van liefdestale gepraat. Vir sommige is dit aanraking en vir ander geskenke. Vir sommige is dit verrassings en ander  uitstappies.

Ek het ʼn idee God se liefdestaal is tyd saam met sy geliefdes. Dis nogal moeilik om betekenisvol lief te hê maar nie tyd met die persoon vir wie jy lief is deur te bring nie.  Liefde impliseer tyd.

Baie lief beteken seker ook baie meer tyd. Die mooi woord intimiteit beskryf die verbintenis tussen man en vrou in die huweliksverhouding. Die huwelik is ʼn metafoor van die verhouding wat God in Christus met sy volgelinge en kerk beoefen.

Hoeveel intimiteit is daar tussen jou en God. Het jy die Here ook baie lief?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jenny ·

O beslis, ABBA Vader is:-
My More my Middag en my Aand
HY is my Opstaan en my Gaan slaap
Hy is my Vreugde, my Blydskap my Vrede
Hy is die Blos op my wange
Die Lag op my Lippe
Die Vonkel in my Oog
My Huppel in my Stap
Hy is my Lied in my hart
Hy is die Polsensde Bloed deur my are
my Polsslag en my Hartklop
Hy is my Meester, my Verlosser my Koning
Hy is my Liefling, my Beminde, my Lewe
met Hom spring ek oor ‘n muur
met Hom loop ek ‘n bende storm
Hy, en Hy alleen is die enigste rede vir geheel my bestaan
Ek het Hom onvoorwaardelik lief
en bemin Hom met my hele hart, met my hele siel, met my hele verstand en al my kragte
Ek is heeldag besig met Hom
Amein, en ek kan nie wag om Hom met my oe te aanskou
en saam met Hom aan tafel te sit nie
Sy verlossing vir Sy volk is voor die deur!!!
want Hy is ons enigste Hoop en Redding

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.