ToekomsVenster: “Hier is ek! Stuur my!”


vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: crosswalk.com

Jesaja 6:8

Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”

In die sterfjaar van koning Hosea het Jesaja die Here gesien. Gelade woorde waarvan ons die omvang nie eers kan begin verstaan nie. Moses het God net van agter gesien en sy gesig het gestraal van die heerlikheid van die Here. Presies wat Jesaja gesien het, is nie duidelik nie. Die Bybel sê immers niemand kan die Here sien en bly lewe nie. Meer as een skrywer het soos ʼn dooie voor God gelê by die aanskoue van sy heerlikheid. Die feit is dat die ontmoeting van die aardse Jesaja met die hemelse God hom nie onaangeraak gelaat het nie. Nadat hy van sy eie skuld bewus geword het en die reiniging ondergaan het, hoor hy die roepstem van die God wat vra wie sal gaan? Wie sal gaan vertel?

Somtyds is die boodskap maklik. In Jesaja se geval, net soos vir talle van die ou testamentiese profete, was dit moeilike boodskappe. Feit van die saak is dat Jesaja beskikbaar raak.

Hy gaan wanneer en waarheen God hom stuur.

Het jy al besig geraak met die Here se opdrag?

“Hoe kan ek julle prysgee?”, vra die Here.

My liefde brand te sterk.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Barend ·

Moses was fisies in die teenwoordigheid van God; Jesaja het ‘n visioen gesien. Ek dink daar is ‘n groot verskil tussen hierdie twee belewenisse.

Stella ·

Ek het U lief my Vader! Hier is ek, die ellendeling wat U uit die duister put gered het! My lewe is U s’n, al my dae behoort aan U. Ek sal U ewig liefhê en eerste stel. Hier is ek! My hande wag elke oggend ongeduldig om U te behaag, in die nag raak ek aan die slaap met U Naam op my lippe. Ek het U lief, wonderlike Redder, getroue en Heilige Vader!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.