ToekomsVenster: Hier, maar nog nie hier nie

maan-berge-landskap-pexels

Foto: Ryan Holloway/Pexels.com

“Ek bid dat U hulle nie uit die wêreld sal wegneem nie… Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie.” – Johannes 17:15-16

Ons leef in ’n tussen-in tyd, ons leef tussen Jesus se weggaan en Jesus se terugkoms. Ons leef tussen gister en môre. Ons leef met ’n verwagting van dit wat kom en met ’n wete van dit wat reeds gebeur het, of nog meer, dit wat reeds begin het.

Soos in Jesus se gebed hier bo, leef ons in die wêreld, maar ons is nie van die wêreld nie. Ons is hemelse burgers, soos Paulus dit sal stel.

Dit beteken nie dat ons sit en wag net totdat ons eendag hemel toe gaan nie; inteendeel. Die hemel is mos hier en nou? Dit is wat ons bid elke keer as ons die Onse Vader bid: “Laat U wil geskied soos in die hemel, so ook op die aarde.”

Dink hieraan

Ons leef in ’n tussen-in tyd; die hemel is hier, maar nog nie hier nie. Ons het die Ewige Lewe binne ons sterflike liggame. Ons leef met die belofte van Jesus wat weer kom en tog met Sy gees wat elke dag met ons is. ’n Wonderbaarlike paradoks.

Doen dit

Kies vandag om eerder die hemelse waardes te leef, maak vrede, wees die sout wat die geur uitbring, wees die lig wat verhelder.

Gebed

Here, dankie dat U my nie wegneem uit die wêreld nie. Help my om die hemelse waardes hier te leef, vandag. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.