Toe die son ondergegaan het en dit donker was, gaan daar skielik ‘n oond wat rook en ‘n fakkel wat brand, tussen die stukke vleis deur. – Genesis 15:17
Die Here sluit ʼn verbond met Abram in terme waarvan Hy hom ʼn ryke nageslag sal gee. Die ooreenkoms word formaliseer deur ʼn seremonie wat eie aan kontraksluiting was. Offerdiere word in twee helftes teenoor mekaar geplaas en die partye tot die ooreenkoms loop tussen deur. Die bedoeling is dat kontrakbreuk ʼn ernstige saak is en lewensverlies tot gevolg mag hê.
Abram is egter ontsteld en raak moeg van die wag aan die slaap. God beweeg in die vroeë oggendure deur die offer wat Abram voorberei het. Dis is asof die Here hiermee te kenne gee dat die mens in elk geval nie in staat is om die ooreenkoms gestand te doen nie. Hy daarenteen is in alle opsigte getrou. God beweeg metafories as ʼn oond wat rook en ʼn fakkel wat brand tussen die diere wat geslag is deur. Hy is die ewige Lig. Hy is die oorwinnaar in die stryd.
Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, ter wille van Jerusalem sal ek nie stilbly nie totdat daar vir hom redding deurgebreek het soos ‘n nuwe dag, soos die lig van ‘n brandende fakkel. – Jesaja 62:1
Daniel staan soos ʼn bewustelose voor die openbaring van God. Hy voel magteloos en doodbang, sonder enige krag. Hy word deur ʼn engel ondersteun. Dalk het ons vergeet met wie ons te doen het.
- Sy liggaam het geskitter soos ‘n edelsteen, sy gesig het gestraal soos weerlig, sy oë het geskyn soos brandende fakkels, sy arms en bene het geblink soos gepoleerde brons, en sy woorde het geklink soos ‘n harde dreuning. (Daniel 10: 6)
- Gideon gebruik fakkels in sy optrede teen die Medianiete. (Rigters 7:16)
- Die duiwel val soos ʼn fakkel uit die hemel. (Openb. 8:10)
Toe het die derde engel op sy trompet geblaas. ‘n Groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het van die hemel af geval. Hy het op ‘n derde van die riviere en op die waterbronne geval. – Die Openbaring 8:10
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za
Uit watter bybel haal julle die verse aan ?
Dagsê Koos
Baie dankie vir jou navraag.
Hierdie ToekomsVenster-dagstukkie se aanhalings kom spesifiek uit die 1983-vertaling van die Bybel.
Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media
Here U is my Lig en Lewe Dankie!