ToekomsVenster: Hoe gemaak in ’n ongelyke wêreld

hoop-skoenlapper

Foto: Elijah O’Donnell/Unsplash.com

Hier op aarde lewe julle in weelde en oordaad; julle smul na hartelus, en dit terwyl die slagdag reeds daar is. 6Julle veroordeel en vermoor die onskuldige en hy bied geen teenstand nie. – Jak. 5:5

Ons het reeds gesê dat rykdom as sodanig nie die probleem is nie maar eerder die geneigdheid om in selfsug te leef terwyl die nood van die armes by ʼn mens verbygaan. Daar is wonderlike voorbeelde van bevoorregte mense wat hul bronne, kennis, vaardighede en fasiliteite met ander deel.

Die Bybel leer immers :
Matteus 6:33 – Soek allereers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al die ander dinge sal vir julle bygevoeg word.

Ons leef in ʼn ongelyke wêreld. Suid-Afrika tel as die mees ongelyke land ter wêreld. (Volgens ʼn onlangse verslag van die Wêreldbank is Suid-Afrika is die mees ongelyke land in die wêreld. Daar is 149 lande op die lys)

Ongeveer 17 miljoen Suid-Afrikaners is afhanklik van maatskaplike toelaes.

Hoe werk ʼn mens met hierdie realiteit op so ʼn manier dat mense nie van die Evangelie vervreem word nie? Hoe bring ʼn mens hoop in ons land? Dit is ʼn baie delikate balanseer toertjie en baie beter om die Heilige Gees te vertrou om die oortuigingswerk te doen eerder as om met intellektuele retoriek na mense te kom.

Ek reken die Here vertrou elke mens met iets waaraan iemand anders behoefte, in ons land selfs terwille van oorlewing nodig het. God vra nie van ons wat ons nie het nie. Hy vra egter dat ons dit waarmee Hy ons geseën het met ander deel.

Jakobus het dit met die weelde en oordaad van die rykes. Daar is seker nie fout te vind met spog geleenthede nie, die oordaad van dit alles is onverdedigbaar. In ʼn land waar korrupsie en misdaad aanleiding gee en gegee het tot grootskaalse verwaarlosing van mense behoort die aandadiges die vermaning van Jakobus ter harte te neem.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.