ToekomsVenster: Hoe lank nog vra, vergewe my?

Vergifnis

Argieffoto.

“…en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” – Matteus 6:12

Suid-Afrika, geknelde land. Land van onbekend maak onbemind. Land van vooroordeel, agterdog en leuens. Land van vreemdelinge, afstand en verwydering. Land van kontraste en hartseer. As ons die horlosie net kon terugdraai!

Die verlede het ons almal ingehaal, nie net een groepering van mense nie. Die seer lê vlak en kom in ongekende aggressie na vore. Mense doen snaakse dinge as hulle seer het. Rasionaliteit meet laag onder sulke omstandighede. Aan die keel gryp en verder verdag maak is aan die orde van die dag.

Dis nie lekker nie. Dis nie altyd lekker in die nuwe Suid-Afrika nie. Alle mense kry swaar.

Hoe lank nog jammer sê? Hoe lank nog vra, vergewe my?

Dis ʼn akute vraag en nie maklik om te antwoord nie. Jy moet self besluit. Ek hoor en sien daagliks dinge wat my hart ineen laat krimp. “Ek het nie geweet nie,” is baie mense se verweer.

Maar, nou weet jy en dit maak al die verskil in die wêreld.

Na alles, waarom is dit so moeilik (vir Christene) om jammer te sê, weer en weer as dit nodig is?

Word deel van ʼn nasionale gebedsinisiatief met die volgende kenmerke:

  • Dit is verteenwoordigend van Suid Afrika se diverse samelewing
  • Dit daag jou uit om jou gemaksone agter te laat
  • Dit bind mense aanmekaar en aan God
  • Dit betrek die hele land

Hemelvaart, 25 Mei, en die tien dae van Pinkster (4 Junie)

  • Daagliks, oral, tydig en ontydig
  • Ook met mense wat jy nie ken nie
  • By die kantoor, kuierplek, sakeonderneming, klaskamer, lesinglokaal, gimnasium, park, oral
  • Veral gedurende die goue uur van gebed
  • Daagliks 12:00-13:00

www.sapray.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

As ons eerlik wil wees, dan sal daar nie ‘n nasie op aarde wees wat op een of ander stadium om vergifnis moet vra nie. Dit is van die bybel se tye af so, dis die beloop van die lewe en dit sal vorentoe ook so wees.

Adam ·

Praat jy Barend ons moet dit doen omrede ons kastig van kleins af sondig is!

MCH ·

Jannie, nou het jy n groot senuwee raakgeboor. Net jammer ons is so bang om dit by die naam te noem. Geen verskoning van onkunde geld nie, ons Hemelse Vader het ons oe, ore en gesonde verstand gegee. Ja, die wiel het gedraai en dis voorwaar geen aangename ervaring om aan die ontvangkant te wees nie. Skuldig, ja skuldig staan ons almal voor ons Hemelse Vader.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.