ToekomsVenster: Hoe lyk jou gebedstoewyding?

wit-blom-nat-groen

Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is, het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank. – Daniël 6:11

Die bekende teks spreek tot ʼn mens se hart wanneer dit by gebed kom. Ons leer daaruit dat Daniel hom tot Jerusalem gewend het. Die tempel was uiteraard in Jerusalem en vir die ou Testamentiese gelowige was die tempel die woonplek van God. Hy rig hom dus tot God.

God is in die hemel sê die Bybel, en ons is op die aarde. Hy is die gans andere wat met die nodige agting en respek genader moet word.

Dan weer weet ons as Nuwe Testamentiese gelowiges dat God deur sy Gees in ons harte woon. Hart is ʼn metafoor vir die innerlike. God woon in ons. Dis grafies en voorstelbaar maar totaal onverstaanbaar.

Hoe akkommodeer ʼn mens, nietig, klein, beperk en voorlopig, die Lewende? Dis die ewige lewe, sê die Bybel, dat Vader Seun en Heilige Gees in ons kom woning maak.

Nou hoe moet ons dit verstaan? Onbegryplik en tog waar. Deur die vernuwing van ons gees ( innerlike Godsdimensie) word ons wil, rede, emosies en besluitneming verander en in die fisiese uitgeleef.

Daniel het boonop ʼn plek gehad waar hy van die normale onttrek het. Dis so nodig dat ons ʼn plek sal hê wat gesoneer is vir gebed en interaksie met God. Inderdaad staan ons oomblik vir oomblik in ʼn gebedsrelasie met God maar in besondere sin is daar tye wat spesifiek vir daardie doel geoormerk is. Daniel het gereelde gebedstye onderhou. Ons het nie meer sulke gebedstye wat vanuit ʼn nuwe Testamentiese perspektief voorgehou word nie. Ons leef mos Coram Deo, oomblik vir oomblik in sy teenwoordigheid.

Dan weer hang die gesoneerde gebedstye saam met die plek wat daarvoor ingeruim word. Daniel het te midde van persoonlike uitdagings nie opgegee met gebedstoewyding nie. Hy is nie ingesluk deur die vreemde kultuur en gewoontes waarvan hy nou deel was nie. Babilonië het dinge tog beduidend anders gedoen. Hy was gefokus en het die belangrike saak van gebed nie agterwee gelaat nie. Daniel het in sy gebed ruimte gegee aan verskeie elemente, dank, verwondering, aanbidding, intersessie en skuldbelydenis.

Hoe spreek hierdie gedeelte jou aan?

“Gebed beïnvloed God nie. Gebed beïnvloed God verseker. Dit beïnvloed nie Sy doel nie. Dit beïnvloed Sy optrede.” ~ SD Gordon

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Von ·

Dankie Abba Vader dat Jesus Christus vir ons die weg gebaan het. Amen

Maria ·

Mooi stuk vanoggend dit suiwer waar alles in jou interlike harte,verhouding,lewe,tyd met Vader te he. Ek verstaan nou bv Dawid en Solomon al was hulle sonde so groot maar hulle interlik liefde Vader was belangrik (Dit Vader begeer) waar ons as mense teen sonde vas kyk. Ons kla meer op gebede bv selfsugtig en wil meer he plaas om meer dankie se dat jy reeds onvang het bv Daniel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.