Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld. – Gal. 6:14
“Dit is my roemtaal, dit is my lied. Lof wat ek Jesus ewig sal bied”.
Jy herken hierdie bekende woorde uit die lied:
Blye versekering, Jesus is myn.
O watter vreugde heerlik en rein
Wedergebore rein deur sy bloed
Smaak ek sy vrede in my gemoed.
Die nuwer woorde klink so:
Hy is my Leidsman
Hy laat my leef
Hy is Oorwinnaar
Hy is die Heer
Uit sy genade
Liefde en trou
Weet ons hoe God
Sy kinders behou
Die pragtige lied 244 in die Liedboek verwoord dit so in die eerste strofe:
Here, alles, alles is genade,
Onverdiende guns alleen.
Die verlossing uit die kwade
kan net U, o God, verleen.
U het ons reeds lank tevore
as U eiendom beskou;
ons in Christus vasgehou.
In Hom is ons uitverkore.
Ons sal oor u liefde juig,
dankbaar van u guns getuig.
Jy ken ook die mooi Afrikaanse woorde van die bekende Amazing Grace:
Genade onbeskryflik groot het U aan my bewys
Verlore seun ’n wegloop kind weer in die Vaderhuis.
Hoe reageer ‘n mens op genade. Daar is maar net een moontlikheid. Dankbaarheid wat in goeie dade oorgaan.
Hoe is jy vandag dankbaar?
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za
Dankie Here Jesus U het die weg vir my gebaan
Met groot dankbaarheid