ToekomsVenster: Hoe word jy geken?


ring-boek-hart

Foto: Ylanite Koppens/Pexels.com

Spr. 10:20
NV
20 Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd; die gedagtes van die goddelose is min werd.
OV
20 Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.

Twee wêrelde word verken. Die wêreld van die regverdige en die van die dwaas of goddelose. Tussen die twee wêrelde staan die genade van God. Geen mens kan roem nie. Alles is genade onverdiende guns alleen.

Die aard van beide hierdie persone word geopenbaar deur wat hulle sê.

Die woorde van die regverdige getuig van wysheid en onderskeiding. Hy getuig van openbaringskennis. Wat hy sê maak impak en kan ter harte geneem word.

Die goddelose daarenteen praat net wat in sy gedagtes opkom. Hy dink en bedink sy gedagtes nie. Hy praat sonder om die konsekwensie van sy woorde in ag te neem. Daarom kwes sy woorde, dit maak mense ongemaklik en kwaad, dit breek af en kritiseer, dit dat niks by nie inteendeel dit beroof mense van vrymoedigheid en groei.

Hoe word jy geken?

Getuig jou woorde van smaak en styl?

Praat jy soos Jesus sou gepraat het?

Kan Jesus aan jou woorde geken word?

Die fynste silwer is gepas as metafoor vir die optrede woorde en dade van die regverdige. Die goddelose maak geen indruk nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lizette ·

Die wêreld haat my, haat my woorde, maar gelukkig het Jesus my geleer dat dit so sal wees- omdat hulle Hom gehaat het sal hulle Sy volgelinge ook haat. So wat die wêreld van my dink maak nie saak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.