ToekomsVenster: Hoekom offer ons?

appel-reën-herfs

Foto: Pixabay/Pexels.com

“Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.” – 2 Korintiërs 9:6–7

Raak prakties

Dis baie duidelik dat offergawes en kerkwees onlosmaaklik van mekaar staan. ’n Goeie praktiese wenk sal dan wees dat gelowiges nie met leë hande kerk toe sal gaan nie. Onthou, die grootte van die offer is nie die bepalende faktor nie, maar eerder dit wat in jou beursie agterbly.

Iets om oor na te dink

Die plaaslike gemeente het nie net ’n verantwoordelikheid om alle offergawes te ontvang nie, maar ook om dit te bestuur. Dit mag dalk soms lyk of die gemeente te veel op die vraag na offers fokus. Die waarheid is egter dat geen gemeente sonder geld kan funksioneer nie. Die hoeveelheid geld wat benodig word om die koninkryk van God op aarde te vestig is astronomies van aard.

Gebed

Baie dankie Here dat die kerk my soveel geleenthede bied om U te dien met my offergawes.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MissDemeanor ·

“Die hoeveelheid geld wat benodig word om die koningkryk van God op aarde te vestig isf astronomies van aard”. Regtig? Nee. Die 10des se doel is nie om die koningkryk hier te vestig nie. Die 10des se doel is om om te sien na die daaglikse behoeftes van die weduwees/wewenaars, weeskinders en ander weerlose gemeentelede. As God sy Koningkryk hier wou vestig kon hy dit in n oogwink doen en sonder dat dit n sent kos.

Koos ·

Want dit word so aan ons beveel. Gaan lees gerus Lev 27 vers 28 en 29 en gee terugvoer as jy verskil.

MissDemeanor ·

Die rede waarom jy wil he mense moet hul tiendes gee is omdat jy geldmaak daaruit. Jy verkoop n produk en jy wil he mense moet aanhou betaal. Jou kerk se tiendes gaan vir jou sak.

Eish ·

Ek deel dieselfde sentiment in beide jou kommentare.
Die ” Fleecing of the flock” is uit en uit n wolfsboodskap.

Bees ·

Wat wel astronomies is – is die predikante vergoeding. R 600 000 p.j. pakette markverwant (deur medekollegas en moderamen ) vasgestel. Vir al hul harde werk. Dan praat ons nie van pastore nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.