ToekomsVenster: Hoekom vra die kerk so baie kere vir geld?

pienk-blom

Foto: Donald Tong/Pexels.com

“En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.” – 2 Korintiërs 9:8

Behalwe om ander gemeentes in die Liggaam van Christus te ondersteun, is die gemeente ook verantwoordelik om mekaar en dan ook die ander plaaslike gemeentes te ondersteun. Hierdie ondersteuning vereis uit die aard van die saak finansiële verpligtinge.

Raak prakties

Ons reaksie met betrekking tot die seën van die Here op ons lewe is dat ons ook ander sal seën. Beplanning rakende die hoeveelheid saad wat jy wil saai is dus belangrik en jou offers moet ook deel van jou aanbidding wees. Wees ook getrou aan jouself en aan God.

Iets om oor na te dink

Gelowiges is die hande en voete van Christus in ’n donker wêreld. Ons liefdes-offergawes demonstreer die karakter van God aan die wêreld. Verder toon ons bereidwilligheid om offers te bring dat ons nie ons hoop op die materiële plaas nie, maar eerder in God.

Gebed

Here, baie dankie dat ek kan bydra tot ’n goeie saak. Ek bid dat my offergawes ’n groot verskil sal maak in die lewe van ander en dat baie van U sal hoor.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

christa ·

ek glo in my hart dat as die prediker goed preek sal daar genoeg lede wees wat bydra.
Ek kan nie die nodigheid sien dat een kerk se lidmate ook vir ‘n ander kerk moet onderhou nie. Ek gee my tiende soos die Woord verlang. Elke Sondag diens word ook kollekte op geneem. Ek voel uit daardie twee inkomstes moet die prediker en die kerk onderhou word. As die kerk ander gemeentes wil onderhou moet dit uit tiendes en kollektes gedoen word. As die kerk se koste gedek is, dan kan die geld wat oorbly na ander gemeentes gaan.

Sondaar ·

Verskoon my , en ek wil nie ‘n bespotting van die Bybel maak nie, maar vreemd hoe word jou Christenskap deesdae gemeet aan jou bydrae tot die kerk. Dit wat jy in die geheim doen weet die kerk nie van nie . .so as jy nie te koop daarmee loop nie, sal hulle nie eers weet watter goed jy vir ander mense doen nie. Maar is jy ‘n groot donateur by enige kerk, maak almal ‘n kringetjie om jou by kerkbyeenkomste .. en as jy instap in ‘n kerk .. dit is nou oom Japie wat so baie geld vir die kerk gee. So vreemd dat die Bybel aan die een kant uitvaar teen ryk mense en aan die ander kant vra hulle geld! Ag ek weet daar is baie uitlegte hieroor en baie verskillende opinies .. maar ONS mag nie dat geld vir ONS belangrik raak nie, maar kyk hoe lyk die RYK gemeentes en die RYK dominees nou al deesdae? GELD en KERK moenie in dieselfde sin verskyn nie, tog word meeste kerke deur GELD oorheers.

lizl ·

Kerke vra maar net soveel geld as wat die skole vra… alles is `n bodemlose put waarin ons paar sente in verdwyn. En tog, as jy jou hand oophou, is hy oop sodat die Here vir jou ietsie terug daarin kan sit. Ek wil nie graag met `n toe hand gevang word en onse Here kan nie vir my iets insit nie !

Johan du Toit ·

Geen dominee,pastoor ,priester of ledeprediker sal my oortuig wat ek vir die Here moet gee nie. Let wel DIE HERE nie die kerk nie. Dit ids die werk van die Heilige Gees om daardie oortuiging in jou hart te laat bewerkstellig en uit ondervinding weet onds dat die Heilige Gees maar aan die agterspeen suig in die gereformeerde kerke. Die oomblik as mens oor die Heilige Gees begin praat en die belanrikheid van sy teenwoordigheid in die Kerk(dis nou die gemeente en nie die gebou nie) dan word dit doodstil en mense kyk jou snaaks aan. Waar die Heilige Gees nie teenwoordig is nie is dit baie droog in talle opsigte. Kerk bywoning, tekort aan fondse en tekort aan eensgesindheid ens. Ek het dit ervaar waar arm gemeentes wonderwerke verrig deur na die Heilige Gees te luister.

Burger ·

Laat dink my aan my dae as diaken . Ek het self nie iets meer gehad om te bied as om te bedel virgeld nie . Sommige dink dink dat dit help betaal vir die ticket to heaven . Ander is sommer net misrabel as hulle moet gee . Dit het my net so misrabel gemaak .

Die meeste gesprekke in die stradisionele kerke gaan oor geld. Mense gee nie want hulle wil nie meer nie . Dit maak al hoe minder sin om swaar dooie kapitaal vretende infrastrukture instand te hou .

Geestelike herlewing maak dat mense waarde vind en dit ook vir hulle sin maak om finansieel by te dra . Dit beteken nie n dominee wat skielik n “band ” het met n lekke ‘vibe ” nie . Die woord is bekering . Ons is beroof van die geleentheid met dogma. Dis hoekom die tradisionele kerke nie God’s gees het nie. Maak maar self die som verder .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.