ToekomsVenster: Hou jou oë op Jesus

sterre-hemelruim

Foto: Calwaen Liew/Unsplash.com

Oorweeg wat dit mag beteken dat sekere kanse en geleenthede eenmalig is en nie weer aangebied sal word nie.

Die lewe gebeur in seisoene. Sommige is langer en ander is korter. Sommige is gou verby en ander duur jare. Dit is baie belangrik om te onderskei wat moet aanhou en waarmee jy moet klaarmaak.

Somtyds wanneer jy ʼn kursus wil bywoon soos op universiteit gebeur dit dat jy eers ʼn oriënteringskursus of opknappingskursus moet voltooi voordat jy met die voorgeskrewe werk kan aangaan. Dit is so met die lewe.

Niks wat jy op aarde doen is die bestemming nie. Die bestemming bly ons in hierdie lewe ontwyk. Ons bereik dit eers wanneer die Here ons kom haal.

Ons oë is op Jesus, nie op aardse realiteite nie. Leer derhalwe onderskei wat jy moes koester en vertroetel en waarmee jy moet besig bly teenoor dit wat die karakter van inleiding gehad het.

Moenie kamp opslaan by dit wat jy klaar geleer het nie. Dit mag jou laat veilig voel maar dit strem jou groei. Wees altyd op weg agter die wolk en vuurkolom aan. Waar Hy lei daar sal ek meegaan. Tot die end.

Hebreërs 12:2 – Die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dis so ·

Pragtige boodskap en so van toepassing op die afrikaner se verdere optrede.Dankie God vir U onvoorwaardelike liefde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.