ToekomsVenster: Hou op om self te probeer


ToekomsVenster-3-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.

Lees Johannes 15:1-5

Jesus het reeds met sy dissipels oor hierdie lewe van voortdurende gemeenskap met Hom gepraat toe Hy nog op die aarde by hulle was. Hy het vir hulle uitdruklik gesê dit is nie moontlik om vrug te dra as hulle nie in Hom bly nie, “want sonder My kan julle niks doen nie” (v 5b). Glo jy dit? Dat jy sonder Hom niks kan doen nie? Ja wel, jy kan jou seker met baie dinge besig hou, maar dit sal niks vir sy koninkryk beteken nie. Dit sal eintlik maar ‘n gejaag na wind wees.

Hier kry ons weer die gedagte dat om as volgelinge van Jesus vrug te dra en ‘n veranderde lewe tot God se eer te leef, jy nie harder hoef te probeer nie. Dit vra oorgawe – die erkenning dat jy niks op jou eie kan doen of regkry nie. Al wat jy kan doen, is om oor te gee en dan met oorgawe te leef. Dit is wat dit beteken om “in Hom” te bly. Wanneer jy dit doen, deel Christus sy oorvloed met jou; sy oorvloed van wysheid, insig, liefde, leiding, troos, genade, vrede, omgee, krag, bemoediging, lig en lewe. Hierdie oorvloed, hierdie nabyheid van God self, verander jou. Niemand kan “in Hom” bly en nie verander nie! Dit bring vrug in jou lewe voort; vrug wat jy nie probeer dra nie en waarvan jy skaars bewus is.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie Geldenhuys ·

Ek is versot op die gedagte vir die dag – idee. Lees dit graag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.