ToekomsVenster: Huweliksmaats is vennote

huwelik-troue-liefde

Foto: Heather Mount/Unsplash.com

Ai, die liefdestema laat ʼn mens se hart warm en vinniger klop! Dit kan ook nie anders nie. Dis ʼn opwindende beginsel juis omdat dit die potensiaal besit om die gebrokenheid rondom ons aan te spreek.

Wat die huwelik betref geld die “ruimte beginsel” eweseer. Eenheid in die huwelik beteken nie dat ʼn mens jou unieke individualiteit prysgee nie. Elke vennoot behou sy en haar menswees en persoonlikheid. Huweliksmaats ondersteun en slyp mekaar sodat die beste na vore tree. Ons maak mekaar gereed vir die hemel, het ʼn kollega van my gesê.

Daar is gruverhale van gesinne wat op ʼn verskeidenheid maniere, meer dikwels deur die man en pa, gebrutaliseer en verniel word. Op ʼn dag ontsnap een van die kinders of die eggenoot en ontstellende verhale van geestelike, emosionele en fisiese verwaarlosing kom aan die lig. (Statistieke in Suid-Afrika is verbysterend!)

Dit gebeur in alle gemeenskappe en is so ontstellend. Mense is nie objekte nie. Ons is daar om mekaar aan te vul en selfs te dien, maar nie soos in ʼn baas-klaas verhouding nie.

Huweliksmaats is vennote en het een doel voor oë, naamlik om in en deur die wyse waarop hulle met mekaar saamleef ʼn getuienis en voorspel te wees van die bruilofsmaal van die Lam wat aan die einde van die tyd sal aanbreek.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Staak saam ·

In Gen, en God het vir die mens n maat gemaak, en Hy het haar vrou genoem. Nou waar kom julle aan vennoot?
As jy opreg n Christen is dan sal jy die Woord aanvaar soos dit geskryf is en nie aanpas om n mooi boodskap te probeer tuisbring nie.
Soos God die hoof is, so het Hy ook die man as hoof oor sy vrou aangestel, glo dit maar, dit is n masiewe verantwoordelikheid.
In n huwelik het elk sy eie Christen rol om te vervul, dit is geen vennootskap nie, vennootskappe kan tot einde kom maar die huwelik nie want geen mens mag dit skei wat God saam gevoeg het nie.
Hierdie is drek gelowe, lees jou Bybel.

Liezl ·

‘Staak saam’, hierdie is maar net ‘n uitbeelding van hoe ons as mens moet saamwerk? Elkeen het mos maar sy eie opinie. Ek sien niks verkeerd daarmee as ‘n mens dit ‘vennote’ noem nie. Dis wat jy daarvan maak. My man is my vriend, my liefde, die hoof van die huis, my beskermer, my raadgewer. Net soos God, drie-enig is. Ons kan mos maar ‘n paar benaminge hê? Ons gaan nooit die Woord uitskakel en die leiding wat die Woord vir ons gee nie. Maar ek glo jy het ook heelwat opinies rondom kwessies, soos wat jy nou hier vertel het. Ek sou sê as jy die Woord so intens lees, dan sal jy ook nie afkraak nie, maar eerder opbou? Mooi bly en wees geseënd. Dankie dan vir jou inset ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.