ToekomsVenster: Hy bly in beheer


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ʼn baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul.

Jesaja 6:1

Die lewe is vol uitdagings. Dis nie anders in die lewe van gelowiges nie. Soms gaan dit nie goed met ʼn mens nie. Jy ervaar dalk dat chaos en storms ʼn goeie beskrywing van jou lewe en gemoedstoestand is. God word nie gedestabiliseer deur die dinge wat met ons gebeur nie.

… maar hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag.

Psalm 93:4

Hy bly in beheer en het ʼn doel met alles. Hy mors nie met sy kinders nie maar voed hulle op deur alles wat gebeur sodat hulle beter toegerus is – nie alleen vir die eise van die lewe nie, maar veral vir hulle dienswerk. Geen ervaring is gemors of sonder sin nie. Die Here is met ons op pad en gebruik elke ervaring in sy diens.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.