ToekomsVenster: Hy bring lewe uit die dood


die-Here-se-krag

Foto: Reint Dykema.

Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe. – Esegiël 37:5

Is daar hoop vir gebroke mense, kerke, leraars, kerkleiers en lidmate? Kan daar lewe kom wanneer tradisie of weerstand teen verandering alle lewe dooddruk? Ons teksgedeelte sê: Ja, beslis. As ons deur die Bybel blaai, lees ons hoe God elke keer in die hopeloosste situasie nuut begin het. God skep die lewe uit stof (Gen 2:7). Hy skep lewe uit die dood (Ef 2:1-10).

Esegiël 37 is ’n kragtige illustrasie van hierdie waarheid. Dooie bene en grafte is is simbolies van die toestand van God se mense. Hulle is in Ballingskap. Hulle eie woorde beklemtoon hulle hopeloosheid en hooploosheid (37:2,11). Daar is geen moontlikheid vir lewe nie. Hulle is lankal dood. Die bene is baie droog (37:2)

Hoe droog is jou bene, vra ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief? Het jy lankal moed opgegee oor jou pad saam met God? Die bekende Duitse Ou Testamentikus, Walter Zimmerli skryf dat God uit sy eie vrye wil die lewe aan mense wat tot die dood veroordeel is, gee. Stel jouself vandag weer oop vir die kragtige werk van sy Gees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.