ToekomsVenster: Hy gee die vermoeides krag

(Foto: Hasan Almasi / Unsplash)

Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. – Jesaja 40:29-31

Jane Marczewski, (30) bekend as Nightbirde het die beoordelaars van America’s got talent onkant gevang. Haar eerlikheid en broosheid het haar deelname ongeëwenaar gemaak aan enige anders wat hulle al ooit gehoor het. Haar optrede is met die “goue buzzer” begroet. Die gehoor was in ekstase.

Haar lied “I’m ok” spreek tot elke hart want sien, voor haar oudisie het skanderings kanker in haar longe, ruggraat en lewer getoon. Haar voorspelling was skrikwekkend; ses maande om te lewe en 2% kans op oorlewing.

Ons gesels gedurende die week daaroor. Let op haar bykans skokkende eerlikheid met die Here. Sy sê dit soos dit is, nie soos sy gehoor of geleer het om dit te sê nie. Dit is eerlik en dis rou.

Sy skryf op haar webwerf: “Daar is tye dat ek my afvra wat ek moes gedoen het om so ‘n verhaal te verdien. Ek vrees soms dat wanneer ek sterf en met God vergader, sal Hy sê dat ek Hom teleurgestel het, of aanstoot gegee het of gefaal het. Miskien sal Hy sê dat ek net nooit die les geleer het nie, of dat ek nie dankbaar genoeg was nie. Maar een ding weet ek seker: Hy kan nooit sê dat hy my nie geken het nie.

“Ek is die buurman van God, wat met ‘n besemstok op die plafon slaan. Ek daag elke dag by sy deur op. Soms met liedjies, soms met vloeke. Soms verskonings, geskenke, vrae, eise. Soms gebruik ek my sleutel onder die mat om myself binne te laat. Ander kere klae ek buite totdat Hy self die deur vir my oopmaak”.

Nightbirde se eerlikheid gryp ’n mens aan die hart. Sy sê dit net soos dit is. Dit is hoe God wil hê ons met Hom moet omgaan eerder as woorde wat gememoriseer is en lankal betekenis verloor het.

Luister weer ’n keer na die teks want dit is ’n belofte van God

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here vir die getuienis van weerlose jongmens…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.